Die Breytenbach Galery - Breytenbach Sentrum

Tuisblad/Tuisblad.html
 

Besoek gerus ons nuwe kunswinkel by die Breytenbach Sentrum vir spesiale kunsgeskenke.


Verlustig jou sintuie in van die kleinste borsspelde en pragtige keramiek deur onder andere Ceramic Matters, Helen Vaughan, tot pragtige veltwerk en sementwerk. Skilderye deur onder andere Hardy Botha, Louis Jansen van Vuuren, Fanie Marais, Theo Kleynhans, Diek Grobler en foto's deur  Cloete Breytenbach komplimenteer enige versameling.


Tye: Ma. - Vry. 9:30-17:00, Sat.10:00-13:00

Die Breytenbach Galery, met sy houtvloer, hortjies-vensters, dik mure, hoë plafon en natuurlike lig, bied ’n outentieke uitstalruimte in die hartjie van die Boland, wat deurentyd uitmuntende Suid-Afrikaanse en internasionale kuns ten toon stel.


Anne-Ghrett Erasmus, skilder en digter wat gedebuteer het met Die lekkerste perske is ’n vy, en Ilse Schermers bestuur die galery en die aangrensende Kardoes Kuns winkel.


Die gewilde galery is reeds ver vooruit bespreek, maar belangstellende kunstenaars kan Anne-Ghrett kontak by:

083 415 0002 / 021 864 2988 / galery@breytenbachsentrum.co.za


Ure: Ma. - Vry. 9:30-17:00, Sat. 10:00-13:00, Son. en na-ure op afspraak.

die breytenbach galery
kardoes kuns
tans by die galery

Die Breytenbach Galery nooi jou hartlik na die opening van Bloedbande, 'n groepuitstalling deur Susan Smuts, Tina Nel en Alexander Laurean. Met openingsprekers Diana Ferrus en Gert Vlok Nel beloof dit om 'n besonderse oggend te wees.

27 Augustus | 11:00

RSVP by Anne-Ghrett Erasmus:galery@breytenbachsentrum.co.za


Verder beloof die volgende uitstallings om te sorg vir 'n verskeidenheid boeiende kuns tydens Tuin van Digters:

  1. -Boekmerke (Ex Libris)

- 16 September - Pampoendag

- Blomballonne

- Filmverse 2

Lees meer oor die Tuin van Digters uitstallings.

Kom geniet ’n kunssinnige kursus in Wellington


Jy kan nou jou kunstenaarsiel vlerke gee, kook, jou skryftalent opskerp of keramiek beoefen, terwyl jy te midde van die genot van kos en wyn die Toskane van Suid-Afika – Wellington – geniet met Wineland Vitamins se verskeidenheid kreatiewe kursusse en werkswinkels.


Vir meer inligting en besprekings, kontak Anne-Ghrett Erasmus: 083 415 0002 / 021 864 2988 / galery@breytenbachsentrum.co.za


Besoek ook Wineland Vitamins op Facebook.

wineland vitamins