
Arno Carstens sing in Afrikaans
Arno Carstens, gewilde stigterslid en hoofsanger van die Springbok Nude Girls, kom sing in die Bôrdienghuis van sy liedjies op sy eerste Afrikaanse CD, Die Aandblom 13.
Arno se optredes bestaan uit treffers van sy Springbok Nude Girls-dae asook sy geliefde treffers as ‘n platinum solo-kunstenaar. Die nuutste toevoeging tot sy shows is werke van sy bekroonde eerste Afrikaanse album ‘Die Aandblom 13’.
Moet dit nie misloop nie, maar bespreek gou. Sitplekke is beperk. En kom maar vroeg. Pizza’s en wyn kan reeds van 18:00 gekoop word. Sien jou in Wellington!