
BLOU / BLUES – Errieda open groepuitstalling
Die bekende huiskok, Errieda du Toit, open Saterdag 9 Junie om 11:00 die groepuitstalling BLOU / BLUES in die Breytenbach-galery. Sowat 15 kunstenaars, insluitende Louis Jansen van Vuuren, Marinda du Toit, Jennifer de Charmoy en die Wellingtonner Elsibe McGuffog se werke kan gesien word. Toegang is gratis en die uitstalling duur tot 18 Julie. Die opening word om 14:00 gevolg deur ‘n besondere vertoning deur die sangeres Luna Paige – “Her Blues goes Acoustic”.