
Boekbekendstelling: 50 Blertse Blou
Blouwillem Theron, die gewilde rubriekskrywer in Die Burger en ander publikasies, se nuutste boek, 50 blertse blou, word op Donderdag 25 Oktober by die Breytenbach-boekklub in Die Bôrdienghuis in Wellington bekendgestel. Francois Lötter, bestuurder van die Breytenbach-sentrum en oud-joernalis, sal met hom gesels. Dit begin 18:30 vir 19:00. Kaartjies kos R30 per persoon en sluit ’n glas wyn en ligte eetgoed in. Bespreek by 084 501 0355 of 021 873 7376.