
Boekbekendstelling – Irna van Zyl se Gifbeker
Volgens Irna verwys die die titel Gifbeker na die giftigste sampioen in Suid-Afrika. Hy is verleidelik mooi, smaak glo heerlik, maar binne ses ure nadat jy dit geëet het – blykbaar selfs net ’n klein happie – besef jy iets is verkeerd. Gifbeker word op Donderdag, 3 Mei, om 18:30 vir 19:00 in Die Bôrdienghuis bekendgestel. Kaartjies kos R30 per persoon met wyn en iets te ete ingesluit. Bespreek by 02 873 7376 of 084 501 0355.