
Chris Chameleon
Hier is ’n voorsmakie vir Woensdag, 16 Mei. Chris Chameleon en Daniella Deysel is dan Kat & Wolf. Hierdie musikale projek is gebore uit die begeerte van beide hierdie kunstenaars om buite die kou van hul gevestigde name op vryer vleuels met beeld, klank en kostumering in die ongewone wildernis van hul verbeelding te sweef. Die vertoning in Die Bôrdienghuis begin 20:00. Kaartjies kos R130 per persoon en kan nou al bespreek word by [email protected] of 021 873 2786.