Organiseerder

Jeanne-Mari Gerber
Telefoon
021 873 2786
E-pos
besprekings@breytenbachsentrum.co.za
breytenbach sentrum

Plek

breytenbach sentrum
burgerstraat 14, wellington
Kategorie

Datum

14 Sep 2018 - 15 Sep 2018

Koste

R100-R300

Dink #BuitedieBoek by Tuin van Digters 2018

Die sewende Tuin van Digters, die jaarlikse hoogtepunt op die kalender van Afrikaanse digkuns in die land, vind vanjaar op Vrydag en Saterdag 14 en 15 September by die Breytenbach-sentrum plaas. Vanjaar se tema is buitedieboek –  daar word onder meer gefokus op hoe verskillende mense uit verskillende gemeenskappe op verskillende maniere (in ’n gedig, deur musiek, met kunswerke, in openbare ruimtes, deur animasie, ensovoorts) uiting gee aan woorde, frases of gedigte om in ’n boodskap oor te dra. Kaartjies vir ’n tweedagpakket kos weer R300 per persoon en sluit alle aanbiedings in. Net vir Vrydag is die prys R120 per persoon en net vir die Saterdag R220 per persoon. Studente betaal R60 per dag. Bespreek nou al by 021 873 2786 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za.

Kliek hier om die 2018 Tuin van Digters program af te laai

X