
‘Handskrif’ – Feesuitstalling by Tuin van Digters
Die feeskunstenaar by vanjaar se Tuin van Digters, Henk Serfontein, se ‘Handskrif’ belig die binnelewe (saam met ’n gedig van elkeen) van sewe formidabele vrouedigters, naamlik, Jeanne Goosen, Antjie Krog, Wilma Stockenström, Lina Spies, Diana Ferrus, Melanie Grobler en Joan Hambidge. Die digter en kunskenner Johan Myburg open die uitstalling Vrydag 14 September om 18:00 in die Breytenbach-galery. Meer inligting by [email protected] of 021 8642988 / 0834150002 / 021 8732786.