
Heinz Mödler praat oor geneeshere en hul kuns
Die bekende narkotiseer, kunstenaar en rubriekskrywer, Heinz Mödler, lewer op Saterdag, 4 Augustus 2018, om 11:00 ’n praatjie in die Breytenbach-galery in Burgerstraat 14 in Wellington oor dokters en hulle kuns. Dit is deel van die groepuitslalling deur medici, Die naakte waarheid. Die praatjie sal gevolg word deur ‘n vertoning deur Leon Gropp. Hy sing toonsettings van NP Van Wyk Louw se gedigte sowel as van sy eie toonsettings.
Kaartjies vir die praatjie en vertoning is R130 per persoon wat ‘n glas wyn insluit. Wyn en pizza’s sal ook verkoop word.
RSVP: [email protected] of 021 8642988/0834150002 / 021 8732786