
Herman Lategan by Breytenbach-boekklub
Herman Lategan, skrywer van Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse, is vanjaar die Breytenbach-boekklub se eerste gas. Herman sal op Donderdag 28 Februarie in Die Bôrdienghuis oor sy jongste boek gesels. Die interessante gesprek begin 18:30 vir 19:00. Dit kos R30 per persoon en sluit ’n glas wyn en ligte verversings in. Bespreek by 084 501 7376 of 021 873 7376.