
Jak de Priester
Kom geniet ‘n aand saam met die Afrikaanse sanger, skrywer en TV-persoonlikheid Jak de Priester. Jak se vertonings is vol komedie, nostalgie en ‘beautiful’ musiek! Sy loopbaan het in 2003 vlam gevat ná hy die ATKV Crescendo-kompetisie gewen het en hy sy eerste album getiteld ‘Sally Williams Nougat’ opgeneem het.
Dertien jaar, 8 albums, 1 digbundel, ‘n koffietafel-woordkunsboek en verskeie verhoogproduksies later is Jak se loopbaan steeds besig om te groei. Hy is die skrywer en sanger van die temalied van ‘Binnelanders’ en ook die skrywer van die temalied vir KYKNET se ’10 uit 10’ en ‘Reis na Gister’, waarvan hy ook die aanbieder is.