
Klassieke Konsert op ’n Sondagmiddag
Die Breytenbach-sentrum se tweede Sondagmiddag klassieke konsert van die jaar op 10 Junie by Le Bac Estates tussen Wellington en die Paarl het gesorg vir musiek uit die boonste rakke – klarinet, klavier en tjello saam met lekker wyn, eetgoed en geselskap. Sowat 60 mense het die konsert bygewoon. Die derde klassieke konsert – die Lentekonsert – vind op Sondag, 9 September (weer om 18:00) plaas. Bespreek vroegtydig by Jessica by 021 8732786. Dankie aan die Rupert-musiekstigting vir die ondersteuning.