Organiseerder

Jeanne-Mari Gerber
Telefoon
021 873 2786
E-pos
teater@breytenbachsentrum.co.za

Plek

le bac estate
Malmesbury Rd, Paarl, 7620
Kategorie

Datum

11 Mar 2018

Tyd

18:00 - 19:00

Klassieke sondagmiddag konserte

Liefhebbers van klassieke musiek in die Boland kan hulle lippe aflek vir Klassieke Seisoene, ‘n reeks van vier Sondagmiddagkonserte.

Die Breytenbach Sentrum in Wellington en Le Bac Estates tussen Wellington en die Paarl bied die vier klassieke konserte, een in elke seisoen, aan waar bekende internasionale sowel as nasionale klassieke musici teen die agtergrond van die Bolandse wynlande en blou berge musiek vir die fynproewer gaan optower. Die Herfskonsert is 11 Maart, die Winterkonsert  10 Junie, die Lentekonsert 9 September en die Somerkonsert 9 Desember.

Die eerste musiekkunstenaar, wat op Sondag 11 Maart 2018 by Le Bac Estates op die R45 tussen Wellington en die Paarl optree, is die Italiaanse violis, Luca Ciarla. Die titel van sy konsert is ‘Bach into myself’ waarmee hy op ’n moderne wyse van Johann Sebastian Bach se grootste werke herverwerk en so hulde bring aan sy mees geliefde komponis. Ciarla besoek Suid-Afrika in Maart en het landwyd konserte.

Plaaslike klassieke musiekstudente uit die gemeenskap in die omgewing sal by elke konsert hulle talente aan die konsertgangers bekendstel. Een of meer van hierdie klassieke musiekstudente sal by elke konsert die gaste met haar of sy musiek verwelkom. Studente uit hierdie gemeenskappe sal by die vierde en laaste konsert van die jaar optree.

Luca Ciarla se optrede op 11 Maart by Le Bac begin om 18:00. Konsertgangers kan na elke konsert gesellig met ’n glasie wyn, koffie, tee, sap en ligte eetgoed verder ontspan. Kaartjies kos R80 per persoon en kan bespreek word by teater@breytenbachsentrum.co.za of by Jessica by 021 873 2786.

HR Photos

X