Organiseerder

Jeanne-Mari Gerber
Telefoon
021 873 2786
E-pos
teater@breytenbachsentrum.co.za.
bôrdienghuis

Plek

bôrdienghuis
burgerstraat 14, wellington
Kategorie

Datum

06 Mar 2018

Tyd

20:00 - 21:00

Koste

R130 per persoon

Kloppende kreatiwiteit met HA!MAN en die digter Joke Debaere

Francois le Roux, oftewel “die HA!Man” (so genoem as gevolg van sy spontane manier van musiekmaak)keer terug na die Breytenbach Sentrum (sy vorige optrede hier was met die vrystelling van Carina Stander se eerste digbundel (“die vloedbos sal weer vlieg”).
Hierdie keer is dit saam met sy lewensgesellin en ook verhoog-vennoot, Joke Debaere. Die twee het mekaar in 2010 in Belgie ontmoet en het dadelik aanklank gevind, veral ook rondom hulle spesifieke manier van kreatief wees.

Joke en Francois toer jaarliks ekstensief in Suider-Afrika, Europa en Noord-Amerika. Wat die gehoor met hierdie HA!-optrede (“Reis na Hier”) kan verwag is ‘n vrye vloei van uitrdrukkinge of “items” wat telkens geimproviseer word. Francois se hoofinstrument is die tjello, maar hy span ook klavier, klein fluite en liggaamsbeweging in om die “HA!” – of innerlike gevoel – in die oomblik uit te druk. By tye neem Joke plaas agter die mikrofoon en begin sy óf voorlees óf spontaan poësie te skep saam met die musiek. Haar woordgebruik is hoogs musikaal en val intuïtief saam met Francois se improvisasies. Elemente van toneelspel kom ook na vore (sy is ’n Maastricht toneelskool afgestudeerde wat haar eie toneelgeselskap “Het Zesde Bedrijf” in Belgie bestuur het). Daar word ook geput uit ‘n groot poel van oorspronklike elektroniese begeleidings, op sigeself spontaan-gebasseerde opnames wat ‘n ryke verskeidenheid van musiekstyle en klankteksture verteenwoordig. Projeksie van filmmateriaal wat op hul reise versamel word voeg ‘n verdere dimensie van hul kreatiwiteit by.

Vir meer, besoek www.hamanworld.com

X