
Kom luister na Abba in Wellington
Wie onthou nie die gewilde Abba met liedjies soos Fernando, Mama Mia, Dancing Queen en Thank you for the music nie? Mike McCulley (van die destydse McCulley’s Workshop), het ’n uiters talentvolle groep sangers en musikante bymekaar gebring vir ’n Abba-konsert met al die gewildste liedjies. Konserte is uitverkoop en nou kom hulle ook op Vrydag 15 Junie na Die Bôrdienghuis. Liefhebbers van Abba moet nie Mike & The Harmonix’s Abba Show misloop nie. Die konsert begin om 20:00 en kaartjies kos R150 per persoon. Pizza’s en wyn kan oudergewoonte al van 18:00 gekoop word. Bespreek by [email protected] of 021 8732786.