
Kos
’n Besondere uitdagend skeppende groepuitstalling in die Breytenbach Galery van meer as 40 kunstenaars ter viering van die die Breytenbach Sentrum se 10de bestaansjaar. Die Sentrum is op 26 Februarie 2007 amptelik geopen. Die uitstalling kan tot Woensdag 22 November 2017 daagliks besoek word van 09:00 tot 17:00 en Saterdae van 09:00 tot 13:00.