La’ Acte final: Scene II, Louis Jansen van Vuuren en Kie
Hierdie besondere uitstalling open op Sondag, 17 Maart om 11:00 en duur tot 13h00. Daarna word almal uitgenooi na ’n middagete. Terwyl ons heerlik proe aan Dinner for 20 se besondere Cuisine, sal Louis en sy medekunstenaars ons vertel van hulle skeppingsprosesse en ervarings in Frankryk. Kaartjies kos R450 per persoon en sluit ook wyn in. Die uitstalling duur tot 11 April 2019.