Organiseerder

Esther Kotze
Telefoon
021 873 7376
E-pos
thebooktraders@gmail.com
bôrdienghuis

Plek

bôrdienghuis
burgerstraat 14, wellington
Kategorie

Datum

09 Nov 2017

Tyd

19:00

Koste

R30

Mentje, kind van Pas-Opkamp – ’n nuwe oorlogsroman uit die pen van Irma Joubert

Die bekendstelling van hierdie geliefde skrywer se nuwe roman vind plaas in die Bôrdienghuis op 9 November 18:30 vir 19:00. Soos met al haar vorige boeke, is Irma Joubert se navorsing weer van hoogstaande aard.

Irma gesels met Izak de Vries oor Mentje de Vries, ’n Nederlandse oorlogswesie, wat die Tweede Wêreldoorlog in al sy genadeloosheid beleef. Eers moet sy onderduik in ’n geheime kamp vol Joodse vlugtelinge, en daarna beleef sy die hel wat die tyd net voor die bevryding voorafgaan, wanneer Britse troepe gestuur word om ’n brug in Arnhem oor te neem. In hierdie bloedige slag word ’n Suid-Afrikaner, wat deel is van die Britse Leër, gewond en die jonge Mentje red sy lewe.

Maar wat word van die wesie?

Hoe oorleef ’n alleenkind gedurende die berugte Hongerwinter van 1944 en 1945

Bespreek vroeg en kom luister saam. R30 per persoon

Jou glasie wyn word deur Simonsvlei Kelders geborg.

RSVP thebooktraders@gmail.com

X