Die bôrdinghuis teater breytenbachsentrum
bôrdienghuis

Plek

bôrdienghuis
burgerstraat 14, wellington
Kategorie

Datum

02 Mar 2019

Tyd

11:00

Min Shaw stel haar boek bekend

Min Shaw, die legendariese en beminde sangeres en aktrise in onder meer Jy is my Liefling saam met Gé Korsten, stel Saterdag haar biografie in Die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum in Wellington bekend.

Die boek, Sprokie van ’n liefling – ’n plakboek van herinneringe, het pas verskyn en is propvol foto’s en aandenkings uit haar persoonlike albums en plakboeke. Haar jarelange vriend en skrywer van die biografie, Shaun Andrew Mynhardt, en die gewilde aktrise Lizz Meiring, sal haar uitvra oor die “Wilde Weste”-dae van die Afrikaanse rolprentbedryf, juffrou-wees, en haar pa wat altyd geglo het “Sussie” gaan ’n groot ster wees.

Die gesprek begin Saterdag 2 Maart om 11:00 en ligte verversings sal na die tyd beskikbaar wees. Toegang is gratis, maar bespreek vroegtydig by Carina Hanekom by chanekom@proteaboekhuis.co.za of by Jessica Ruiters by die Breytenbach-sentrum by 021 873 2786.

X
Die bôrdinghuis teater breytenbachsentrum