
Moenie Mallies en die Sakemanne mis nie
As jy nog nie vir Mallies en die Sakemanne, almal van die Boland, gesien en gehoor het nie, is dit nou jou kans. Sorg dat jy daar is. En bespreek vinnig. Kaartjies vlieg!
Mallies le Roux, ‘n Wellingtonner maar deesdae ‘n bekende sakeman in die Paarl, het in 2014 Die Sakemanne, almal regte sakemanne wat nog lief is vir musiek en ook weet hoe om dit te maak, gestig. Mallies het ook op sy dag gereeld op die TV verskyn in programme soos Maak ‘n las, Kwêla en Pasella.
Die Sakemanne gryp om 20:00 hulle musiekinstrumente, maar van 18:00 is daar al pizza’s en wyn te koop.