
Mr Cat and the Jackal – AUCAMP!
Hennie Aucamp (1934 – 2014), geliefkooste en seminale Afrikaanse skrywer, word soos Lazarus terug geroep deur die populere en aweregse musiekgroep, Mr Cat & the Jackal.
Besselsen (van die groep), het van Aucamp se bekendste tekste getoonset vir die kabaret, ‘Slegs vir Almal’ en bring baie van hierdie verwerkings na ‘n klein teater naby jou. Daar sal ook musiekverwerkings wees van volkskenner en digter I.D du Plessis (1900 – 1981) se bekende poesie, en ook woord en musiek uit Besselsen se eie pen.
‘n aand propvol ou Afrikaanse woordspelings, tangos, digkuns, sang en selfs ‘n donker wiegelied. Hierdie sogenaamde ‘verouderde’ woorde byt nog net so hard aan siel en dogma. Interessante, kleinskaalse Afrikaanse kabaret op sy beste.