Kategorie

Datum

11 Mar 2019

Tyd

15:00 - 17:00

Ontwikkelingswerkswinkels in die galery

Ontwikkelingswerkswinkels in die galeryDie tweede van tien teken- en bewegingswerkswinkels word op 11 Maart in die Breytenbach-galery aangebied onder leiding van Henk Serfontein(kunstenaar), Hannah Loewenthal (kunstenaar, danser en choreograaf) en Willie Erasmus (kliniese sielkundige) . Elke sessie duur twee ure elk en vind elke tweede Maandag van die maand vanaf 15:00 tot 17:00 plaas. Dit word aangebied vir ’n groep jong kinders in samewerking met Anne-Ghrett Erasmus, die kurator van die Breytenbach-galery. In die werkswinkel word daar ‘n ondersteunende ruimte vir die deelnemers geskep waarin die ekspressiewe en helende moontlikhede van kuns(tekenkuns) en dans(intuitiewe beweging) as proses ontgin word.

Die bôrdinghuis teater breytenbachsentrum