
Oud-Wellingtonner Valiant Swart kikker die Epic-naweek
Valiant Swart is al sedert 1990 ’n instelling op die Suid-Afrikaanse musiektoneel en sy solo-optredes het reeds legendariese afmetings aangeneem. Met sy akoestiese kitaar en bekfluitjie kombineer hy sy klassieke liedjies – soms aangrypend, soms hartseer, soms lig en speels en gewoon skreeusnaaks – met die vertel-styl van ‘n ware raconteur. Hy kom kuier Saterdagaand 24 Maart om 18:00 weer op sy tuisdorp by die Breytenbach Sentrum in Wellington. Maak seker dat jy hom nie misloop nie. Kaartjies kos R130 per person en kan bespreek word by [email protected] of by Jessica by 021 873 2786.