
Suid-Afrikaanse kunsboek bekendgestel
Ashraf Jamal, die bekende kunskenner en skrywer, stel Saterdag, 12 Mei, om 11:00 sy boek oor Suid-Afrikaanse kuns, IN THE WORLD – Essays on Contemporary South African Art, in die Breyenbach Galery in die Breytenbach Sentrum bekend. Hy sal die boek bespreek en dit opvolg met ’n geselssessie en die antwoord van vrae. Kaartjies kos R30 en dit sluit ‘n glas wyn in.