
Tuin van Digters 2018
Die gewilde Tuin van Digters, wat nou al ‘n jaarlikse instellings geword het vir digters en liefhebbers en ondersteuners van die Afrikaanse digkuns, word op Vrydag en Saterdag 14 en 15 September vir die sewende jaar aangebied. Vanjaar gaan onder meer gefokus word op hoe verskillende mense uit verskillende gemeenskappe op verskillende maniere (in ‘n gedig, deur musiek, met kunswerke, in openbare ruimtes, deur animasie, ensovoorts) uiting gee aan dieselfde woord, frase of gedig om in ’n boodskap oor te dra.
Kliek hier om die 2018 Tuin van Digters program af te laai