die breytenbach galery

Die Breytenbach Galery, met sy houtvloer, hortjies-vensters, dik mure, hoë plafon en natuurlike lig, bied ’n outentieke uitstalruimte in die hartjie van die Boland, wat deurentyd uitmuntende Suid-Afrikaanse en internasionale kuns ten toon stel.

Anne-Ghrett Erasmus, skilder en digter wat gedebuteer het met Die lekkerste perske is ’n vy, bestuur die galery en die aangrensende Kardoes Kunswinkel.

Die gewilde galery is reeds ver vooruit bespreek, maar belangstellende kunstenaars kan Anne-Ghrett kontak by:
083 415 0002 / 021 864 2988 / galery@breytenbachsentrum.co.za

kardoeskuns

Besoek gerus die besondere kunswinkel in die Breytenbach Sentrum vir spesiale kunsgeskenke.

Verlustig jou sintuie in van die kleinste borsspelde en pragtige keramiek deur onder andere Ceramic Matters, Helen Vaughan, tot pragtige veltwerk en sementwerk. Skilderye deur onder andere Hardy Botha, Louis Jansen van Vuuren, Fanie Marais, Theo Kleynhans, Diek Grobler en foto’s deur Cloete Breytenbach komplimenteer enige versameling.

program

21 Oktober 2017 - 22 November 2017
breytenbach galery

Kos

burgerstraat 14, wellington

Geen opkomende events
November 2017
Geen opkomende events

belangrike inligting

besigheidsure: galery

Ma. – Vry. 09:30 – 17:00
Sat. 10:00 – 13:00
Son. en na-ure op afspraak

besigheidsure: kardoeskuns

Ma. – Vry. 09:30 – 17:00
Sat. 10:00 – 13:00

kontakbesonderhede

Persoon: Anne-Ghrett Erasmus
Tel: 021 864 2988 / 083 415 0002
E-pos: galery@breytenbachsentrum.co.za