ATKV-bôrdienghuis

Die Bôrdienghuis Teater is ‘n intieme venue by die Breytenbach Sentrum in die hartjie van Wellington. Die teater word bestuur deur Jeannine du Frene. Daar word gereeld vertonings aangebied wat wissel van musiek tot kabaret en drama. Die venue is ook geskik vir troues, verjaardagvieringe, klein konferensies en produkbekendstellings. Verskeie boeke is al hier bekendgestel.

program

Volg ATKV-Bôrdienghuis Teater op Facebook
Stuur ‘n e-pos om jou plek te bespreek
Navrae: Jeannine 061 156 5386

ek sal sterf en na my vader gaan: ‘n gedig

ek sal sterf en na my vader gaan
Wellington toe met lang bene
blink in die lig
waar die kamers swaar en donker is
waar sterre soos seemeeue sit op die nok
en engele vir wurms spit in die tuin,
ek sal sterf en met min bagasie
in die pad val
die Wellingtonse berge oor
tussen die bome en die skemer deur
en na my vader gaan;

die son sal in die aarde klop
die wind se branders laat die voeë kraak
ons hoor die huurders
skuurloop bo ons kop,
ons sal dambord speel op die agterstoep
– ouvader kul –
en oor die radio
luister na die nag se nuus

vriende, medesterwendes,
moenie huiwer nie; nou hang die lewe
nog soos vlees om ons lywe
maar die dood beskaam nie;

ons kom en ons gaan
is soos die water uit die kraan so
soos klanke uit die mond
soos ons kom en ons gaan:
ons béne sal die vryheid kén –
kom saam

in my sterf in in my na my vader gaan
Wellington toe waar die engele
met wurms vet sterre uit die hemel hengel;
laat ons sterf en vergaan en vrolik wees:
mý vader het ‘n groot bôrdienghuis

© Breyten Breytenbach

het jy geweet?

ATKV-Bôrdienghuis kan ook vir die volgende geleenthede bespreek word

spesiale geleenthede

Troues, verjaardagvieringe, privaatkonserte, wynproeë, afskeidspartytjies? ATKV-Bôrdienghuis is net die regte plek.

klein konferensies

Private konferensies en strategiese sessies? Vergaderings of ‘n intieme informele skemerkelk of inligtingsessie? Kom doen dit in ATKV-Bôrdienghuis.

produkbekendstellings

Wil jy ‘n boek van jouself of ‘n skrywer of digter bekendstel? ATKV-Bordienghuis, of selfs die Tuin van Digters, is die ideale plek om dit te doen. Dalk het jy ‘n nuwe produk wat jy vir kliënte en/of potensiele kopers wil wys. Jy kan dit ook in die ATKV-Bôrdienghuis kom doen.

foto’s