die breytenbach galery
Die Breytenbach Galery, met sy houtvloer, hortjies-vensters, dik mure, hoë plafon en natuurlike lig, bied ’n outentieke uitstalruimte in die hartjie van die Boland, wat deurentyd uitmuntende Suid-Afrikaanse en internasionale kuns ten toon stel.
Anne-Ghrett Erasmus, skilder en digter wat gedebuteer het met Die lekkerste perske is ’n vy, bestuur die galery en die aangrensende galeryunswinkel.
Die gewilde galery is reeds ver vooruit bespreek, maar belangstellende kunstenaars kan Anne-Ghrett kontak by:
083 415 0002 / galery@breytenbachsentrum.co.za
galerywinkel
Besoek gerus die besondere kunswinkel in die Breytenbach Sentrum vir spesiale kunsgeskenke.
Verlustig jou sintuie in van die kleinste borsspelde en pragtige keramiek deur onder andere Ceramic Matters, Helen Vaughan, tot pragtige veltwerk en sementwerk. Skilderye deur onder andere Hardy Botha, Louis Jansen van Vuuren, Fanie Marais, Theo Kleynhans, Diek Grobler en foto’s deur Cloete Breytenbach komplimenteer enige versameling.
program
Volg die Breytenbach Galery op Facebook by @breytenbachgalery of op Instagram by @breytenbachgalery
belangrike inligting
besigheidsure: galery
Ma. – Vry. 10:00 – 17:00
Sat. 10:00 – 13:00
Son. en na-ure op afspraak
besigheidsure: galerywinkel
Ma. – Vry. 10:00 – 17:00
Sat. 10:00 – 13:00
kontakbesonderhede
Persoon: Anne-Ghrett Erasmus
Tel: 083 415 0002
E-pos: galery@breytenbachsentrum.co.za