1800

Commercial Hotel

Dit was eers die Commercial Hotel, waarskynlik in die 1800’s gebou.

1900

The Grevilleas

So genoem na die statige ou silky oaks wat nog voor die gebou staan.

1953

Die Breytenbach Gesin

Johannes (Hans) en Catharina (Kitty) Breytenbach (voorheen van Riversdal) Grevilleas in 1953 gekoop het om dit as ‘n losieshuis te bedryf. Die Breytenbach-gesin bewoon Grevilleas tot in 1974.

1998

Breyten Breytenbach word genader

Eugenie Wiggins maak op 23 Februarie 1998 kontak met Breyten Breytenbach om uit te vind of hy en sy familie daarvoor te vinde sal wees as hulle voormalige ouerhuis as kultuursentrum gevestig word. Op 10 Maart 1998 reageer Breyten positief deur te sê dat hulle so ‘n projek heelhartig sal steun.

2005

Groot bydrae

Op 23 Februarie 2005 skenk die Nasionale Lotery (Lotto) R937 000 om die restourasie-proses moontlik te maak.

2007

Deure maak oop

Op 26 Februarie 2007, word die Breytenbach Sentrum geopen.

ons geskiedenis

ons geskiedenis

  • 1998

    'n Saadjie word geplant

    Kobus Victor, destydse onder-burgemeester van Wellington munisipaliteit, plant in ‘n gesprek met Eugenie Wiggins die saadjie van die moontlikheid om die voormalige ouerhuis van Breyten Breytenbach as kultuursentrum te ontwikkel.

  • Breyten Breytenbach word gekontak

    Op 23 Februarie 1998 (23 Februarie sou later betekenisvol blyk te wees) maak sy (Eugenie Wiggins) kontak met Breyten Breytenbach om uit te vind of hy en sy familie daarvoor te vinde sal wees as hulle voormalige ouerhuis as kultuursentrum gevestig word.

  • 1998

    Breyten Breytenbach stem in

    Op 10 Maart 1998 reageer Breyten positief deur te sê dat hulle so ‘n projek heelhartig sal steun.

  • 2000

    Raad van Trustees

    Op ‘n openbare vergadering gehou op 11 November 2000 word ‘n Raad van Trustees verkies. Die Wellington Munisipaliteit besluit goedgunstiglik om die gebou aan die Trust oor te dra. Hierna volg ‘n moeisame proses om die nodige fondse te bekom om die gebou teen ‘n beraamde koste van R1,2 miljoen te restoureer.

  • 2005

    die Nasionale Lotery (Lotto)

    Op 23 Februarie 2005 skenk die Nasionale Lotery (Lotto) R937 000 om die restourasie-proses moontlik te maak. Die argitek Johan Malherbe van Malherbe Rust Argitekte in die Paarl was in beheer van die projek met J.J. Joostenberg Bouers van die Paarl wat die bouwerk gedoen het.

  • 2007

    Breytenbach Sentrum se deure maak oop

    Op 26 Februarie 2007, word die Breytenbach Sentrum geopen. Met die opening sê Breyten onder andere die volgende: “Hierdie is nie ‘n plek van opgee of afgee of weggee nie; dit gaan oor aangee. Nie om verdeel of opdeel nie, maar om deelname en deelword.”

gebou

Die Breytenbach Sentrum was die woning van vele eienaars. Dit was eers die Commercial Hotel, waarskynlik in die 1800’s gebou, voordat dit in die laat 1890’s verkoop is en as studentehuis gebruik is.

Die gebou word herdoop tot The Grevilleas, so genoem na die statige ou silky oaks wat nog voor die gebou staan. In die vroeë veertigerjare van die vorige eeu was die huis ook o.a. die basis vir die Wellingtonse Voortrekkerkommando voordat Johannes (Hans) en Catharina (Kitty) Breytenbach (voorheen van Riversdal) Grevilleas in 1953 gekoop het om dit as ‘n losieshuis te bedryf. Die Breytenbach-gesin bewoon Grevilleas tot in 1974.

Hierna word die gebou aan die Wellington munisipaliteit verkoop. Dit word mettertyd in kantore vir die ingenieursafdeling ingerig en in 1995 in ‘n daghospitaal omskep.

hans and kittie breytenbach

breytenbach-gesin

Grevilleas was vir twee dekades die geliefde woning van Hans (Oubaas) en Kitty (Ounooi) Breytenbach en hul vyf talentvolle kinders – Jan, Kolonel in die Suid-Afrikaanse Weermag, cum skrywer, Cloete, bekende fotograaf, Sebastiaan, voorheen onderwyser en ook digter/skrywer, Rachel, die enigste suster en die bekendste van die Breytenbach seuns – Breyten, bekroonde digter, skrywer en kunstenaar.

In 1953, toe die Breytenbach-familie na Grevilleas verhuis, was dit slegs die jongste drie kinders – Breyten (13), Sebastiaan (12) en Rachel (5) – wat saam met hulle ouers in die losieshuis gewoon het. Cloete en Jan het gereeld kom kuier. Nadat die huis aan die munisipaliteit verkoop is, verhuis Hans en Kitty Breytenbach na Onrus waar Kitty in 1978 en Hans in 1989 oorlede is.

sentrum

Die gebou was nie geskik om as daghospitaal te gebruik nie en die Munisipaliteit het ‘n ander gebou daarvoor gekry. Grevilleas het al meer vervalle geraak. Kobus Victor, destydse onder-burgemeester van Wellington munisipaliteit, plant in ‘n gesprek met Eugenie Wiggins die saadjie van die moontlikheid om die voormalige ouerhuis van Breyten Breytenbach as kultuursentrum te ontwikkel. Op 23 Februarie 1998 (23 Februarie sou later betekenisvol blyk te wees) maak sy (Eugenie Wiggins) kontak met Breyten Breytenbach om uit te vind of hy en sy familie daarvoor te vinde sal wees as hulle voormalige ouerhuis as kultuursentrum gevestig word. Op 10 Maart 1998 reageer Breyten positief deur te sê dat hulle so ‘n projek heelhartig sal steun.

Eugenie Wiggins, Johan Conradie en Manie en Winnie Rust was die inisieerders en dryfkrag agter die idee van ‘n kultuursentrum wat dan ook ‘n aksiekomitee vorm om die projek te dryf. Op ‘n openbare vergadering gehou op 11 November 2000 word ‘n Raad van Trustees verkies. Die Wellington Munisipaliteit besluit goedgunstiglik om die gebou aan die Trust oor te dra. Hierna volg ‘n moeisame proses om die nodige fondse te bekom om die gebou teen ‘n beraamde koste van R1,2 miljoen te restoureer. Waardevolle ondersteuning word verkry vanaf die Universiteit van Stellenbosch se Skool vir Openbare Bestuur (Consultus) in die persone van Francois Theron en veral Johan van Baalen.

Vanweë die bouvallige toestand van die gebou was dit nie moontlik om op groot skaal aktiwiteite aan te bied nie. Daar word wel op deurlopende, maar beperkte, basis drama- kuns- en kitaarklasse aangebied. ’n Tweedehandse boekwinkel (The Book Traders) asook die Wamakersvallei Opleidingsentrum word ook geakkommodeer. In die nimmereindigende soeke na befondsing om die gebou te restoureer doen die Trusteeraad aansoek by die Lotto. Die plaaslike parlementslid, Pierre Jean Gerber, skryf ‘n motiveringsbrief.

Op 23 Februarie 2005 skenk die Nasionale Lotery (Lotto) R937 000 om die restourasie-proses moontlik te maak. Die argitek Johan Malherbe van Malherbe Rust Argitekte in die Paarl was in beheer van die projek met J.J. Joostenberg Bouers van die Paarl wat die bouwerk gedoen het. Twee jaar later, op 26 Februarie 2007, word die Breytenbach Sentrum geopen. Met die opening sê Breyten onder andere die volgende:
“Hierdie is nie ‘n plek van opgee of afgee of weggee nie; dit gaan oor aangee. Nie om verdeel of opdeel nie, maar om deelname en deelword.”
Die jaar 2007 verloop verder met onseker besetting omdat bedryfskoste hoog is en die fondse daarvoor ontbreek. Dit word dringend noodsaaklik om ‘n bestuurder vir die Sentrum aan te stel, maar die fondse ontbreek. Danksy ‘n ruim skenking van Johan Rupert asook Media 24 word ‘n bestuurder begin Februarie 2008 aangestel. Theo Kemp word die sentrum se eerste bestuurder. Hiermee kry dit vir die eerste keer volwaardig lewe met teater- en musiekaanbiedings, skrywersaande, kunsuitstallings en skryfskole.

Daar word op deurlopende basis deur lede van die Trusteeraad met die (nou) Drakenstein Munisipaliteit onderhandel om die res van die omliggende terrein te bekom om die eiendom weer te herenig soos dit eens daar uitgesien het. Mettertyd bekom die Sentrum die agterste geboue wat vroeër die buitegeboue van die oorspronklike hotel was en later losieskamers tydens die Breytenbachs se verblyf daar. ‘n Deel van die gebou was Breyten se kamer toe hy nog in die hoërskool was. Hierdie gebou word ingerig as Die Bordienghuis Teater.

Die gedeelte tussen die hoofgebou en teater staan bekend as Ounooi se Jaart. In die ander buitegeboue op die terrein (wat later aangebou is) word daar verskeie ander kreatiewe aktiwiteite aangebied. Hierdie geboue word tans van die munisipaliteit gehuur. Die jongste toevoeging tot die kultuursentrum is die Tuin van Digters. Hierdie projek was die inisiatief van een van die Trusteeraadslede, Johan Conradie. Die jaarlikse Fees van die digters word hier aangebied. Dit bly nog die groot droom en ideaal van die Sentrum om die hele oorspronklike terrein te kan verenig as een eiendom wat die gemeenskap van Wellington kan dien volgens die missie en visie van die Sentrum.

foto’s

foto’s