.

'dit gaan om die sluiting van vennootskappe op absoluut deursigtige en gelyke grond'

breytenbach sentrum art

.

'waar iedereen haar of sy bydrae sal kan lewer uit hoofde van vaardigheid of vermoë of potensiaal'

bôrdinghuis drama

.

'veral gaan dit om uitdagende skepping, 'n ware transformasieproses'

breytenbach galery

.

'hierdie is nie 'n plek van opgee of afgee of weggee nie; dit gaan oor aangee'

.

'dit is nie 'n plek oor verdeel of opdeel nie, maar om deelname en deelwórd'

PROGRAM: TWAALFDE TUIN VAN DIGTERS OP 15 EN 16 SEPTEMBER 2023 IN WELLINGTON

 Die gewilde Tuin van Digters-fees, wat oor die jare gevestig is as die Tuiste van die Afrikaanse digkuns in Suid-Afrika (en die wêreld!), vind op Vrydag 15 en Saterdag 16 September 2023 vir die 12de agtereenvolgende jaar by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaas.

Vanjaar se tema is “lewende woord(e)” – oor digwoorde wat geskep is wat nooit doodgaan nie en gekoester en lewendig gehou moet word en oor nuwe digwoorde en -tegnieke wat die koers van die Afrikaanse digkuns aandui.

Die protesdigter Diana Ferrus, wat vanjaar haar sewentigste verjaardag vier, is die digter wat op Vrydagaand 15 September gehuldig sal word. Kunswerke van die digter en skrywer Breyten Breytenbach  sal in die Breytenbach Galery te sien wees en ‘n groepuitstalling met onder andere Marinta Skupin, wie se reeks kunswerke deur gedigte van Ferrus en Breytenbach geïnspireer is, in die Cloete Gemeenskapsgalery.

Kaartjies kos R150 per persoon vir Vrydag 15 September se program, R275 per persoon vir al Saterdag 16 September se aanbiedings en R350 per persoon vir ’n tweedagpakket met Vrydag sowel as Saterdag se aanbiedings. Studente met ‘n geldige studentekaart betaal R120 per dag en opbetaalde lede van PEN Afrikaans kry gratis toegang.

Kaartjiebesprekings kan by Jeannine du Frene by 061 156 5386 gedoen word.

Tuin van Digters 2023 word in samewerking met NB-Uitgewers moontlik gemaak danksy ‘n ruim bydrae van die Dagbreek Trust. Die tentborge is die ATKV (ATKV Akkoordtent) en Boland Cellar (Boland Cellar Woordtent).

Lees meer

Laai die program af

Plek van uitdagende skepping

Die Breytenbach Sentrum in Burgerstraat 14 in Wellington is ’n multidissiplinêre kultuursentrum vir opleiding in, en omgang met, beeldende kunste, musiek, drama en skryfkuns. Kom deel in gesprekke, idees, bekendstellings, opleiding en werkswinkels en beleef kuns, musiek, drama en die mense wat dit skep, waardeer en beleef.

Die volgende woorde deur die digter, skrywer en kunstenaar Breyten Breytenbach, gelewer tydens die Breytenbach Sentrum se opening op 26 Februarie 2007, is die kompas van al die werksaamhede van die Sentrum:

‘Hier word plegtig afgespreek dat dit gaan om die sluiting van vennootskappe op absoluut deursigtige en gelyke grond – waar iedereen haar of sy bydrae sal kan lewer, uit hoofde van vaardigheid of vermoë of potensiaal. Maar veral gaan dit om uitdagende skepping, ’n ware transformasieproses. Want hierdie is nie ’n plek van opgee of afgee of weggee nie; dit gaan oor aangee. Nie om verdeel of opdeel nie, maar om deelname en deelwórd.’ 

kan jy help?

DIE GREVILLEAS STEUNFONDS

Die Breytenbach Sentrum samel tans broodnodige fondse in om die voortbestaan van die Sentrum te verseker. Daarvoor is die Grevilleas Steunfonds begin. Die Breytenbach Sentrum is ‘n kuns-en kultuursentrum waar alle lede van die gemeenskap tuis kan wees en aan verskillende opleidingsprogramme en ander interaktiewe projekte kan deelneem. Die Sentrum (en sy terrein, geboue en personeel) maak verskeie gemeenskapsprojekte – van naaldwerk-, rekenaar- en dagsorgopleiding tot dramaklasse – moontlik.

Enige eenmalige kontantbydrae van enige bedrag (’n maandelikse aftrekorder sal ook waardeer word) kan inbetaal word by: Breytenbach Kultuursentrum, Nedbank, 1029022739, Wellington (198765), verwysing: Steunfonds

Breytenbach Sentrum: Gister, Vandag, Môre

Die digter en kunstenaar Breyten Breytenbach en dr. Janine Maske, vorige voorsitter van die Trust van die Breytenbach Sentrum in Wellington, gesels in hierdie video-opname oor die geskiedenis en toekomsvisie van die Sentrum sowel as oor die wyse waarop Suid-Afrikaners en buitelanders by hierdie unieke plek betrokke kan raak.

Die gerestoureerde gebou wat vandag die Breytenbach Sentrum is, was die gesinshuis waar Breytenbach saam met sy ouers en jongste broer en suster gewoon het. Hy was ook hoofseun van die Hugenote Hoërskool in Wellington.

poësie en woorde by die breytenbach sentrum

Die pragtige digterstuin en geboue by die Breytenbach Sentrum in Wellington is vol gedigte en inspirasiewoorde. Teen mure, op teëls en vensterruite, in bome, op mosaïek by tuinbankies, langs die rustige fontein en elders in die die skeppende omgewing. Kom geniet die lafenis tussen honderde boeke in die boekwinkel, uitdagende kunswerke in die galery, teaterproduksies en energieke gemeenskapsprojekte.

bly ingelig op facebook

[custom-facebook-feed id=”breytenbach.sentrum”]