die bôrdienghuis
Die Bôrdienghuis is ‘n intieme venue by die Breytenbach Sentrum in die hartjie van Wellington. Daar word gereeld vertonings aangebied wat wissel van musiek tot kabaret en drama. Die venue is ook geskik vir troues, verjaardagvieringe, klein konferensies en produkbekendstellings. Verskeie boeke is al hier bekendgestel.
ek sal sterf en na my vader gaan: ‘n gedig
ek sal sterf en na my vader gaan
Wellington toe met lang bene
blink in die lig
waar die kamers swaar en donker is
waar sterre soos seemeeue sit op die nok
en engele vir wurms spit in die tuin,
ek sal sterf en met min bagasie
in die pad val
die Wellingtonse berge oor
tussen die bome en die skemer deur
en na my vader gaan;
die son sal in die aarde klop
die wind se branders laat die voeë kraak
ons hoor die huurders
skuurloop bo ons kop,
ons sal dambord speel op die agterstoep
– ouvader kul –
en oor die radio
luister na die nag se nuus
vriende, medesterwendes,
moenie huiwer nie; nou hang die lewe
nog soos vlees om ons lywe
maar die dood beskaam nie;
ons kom en ons gaan
is soos die water uit die kraan so
soos klanke uit die mond
soos ons kom en ons gaan:
ons béne sal die vryheid kén –
kom saam
in my sterf in in my na my vader gaan
Wellington toe waar die engele
met wurms vet sterre uit die hemel hengel;
laat ons sterf en vergaan en vrolik wees:
mý vader het ‘n groot bôrdienghuis
© Breyten Breytenbach
program
[MEC id=”5006″]
belangrike inligting
vertonings
Alle vertonings begin 20:00
Pizzas en wyn/koeldrank is beskikbaar vanaf 18:00
kontakbesonderhede
Tel: 073 435 1022
E-pos: teater@breytenbachsentrum.co.za
rekening vir betalings
Rekeningnaam: Breytenbach Kultuursentrum
Bank: Nedbank
Tipe rek: Tjek
Rekeningnr: 1029022739
Verwysing: Bordienghuis – naam van vertoning
Stuur bewys van betaling na teater@breytenbachsentrum.co.za
het jy geweet?
Die Bôrdienghuis kan ook vir die volgende geleenthede bespreek word
spesiale geleenthede
Troues, verjaardagvieringe, privaatkonserte, wynproeë, afskeidspartytjies? Die Bôrdienghuis is net die regte plek.
klein konferensies
Private konferensies en strategiese sessies? Vergaderings of ‘n intieme informele skemerkelk of inligtingsessie? Kom doen dit in die Bôrdienghuis.
produkbekendstellings
Wil jy ‘n boek van jouself of ‘n skrywer of digter bekendstel? Die Bordienghuis, of selfs die Tuin van Digters, is die ideale plek om dit te doen. Dalk het jy ‘n nuwe produk wat jy vir kliënte en/of potensiele kopers wil wys. Jy kan dit ook in die Bôrdienghuis kom doen.