lees en skryfprojekte

Lees- en leerprogram
Ondersteun deur die Rupert-onderwysstigting
In samewerking met Vriende van Afrikaans (ATKV)

Fasiliteerder: Charmaine Rhoda
Hierdie projek het in Maart 2015 by vier skole afgeskop, waaronder Windmeul, Groenberg, Wellington en Pauw Gedenk Primêr. Daar het ons fasiliteerders met altesaam sestig kinders in Grade 2 en 3 gewerk met ernstige lees- en leerprobleme. Baie van hierdie leerders kom uit omgewings waar hulle nie blootgestel is aan boeke nie en ook nie bygestaan word met huiswerk nie. Die fasiliteerders help die leerders lees deur middel van flitskaarte, storiemateriaal, prente en kreatiewe, interaktiewe speletjies. Die leerders leer hoe om woorde te herken en sinne te kan bou.

Ná die Junie-vakansie het die leerders só gevorder dat hulle nie meer die swakste in hul klasse was nie en teen die einde van die skooljaar spog die skole met min of geen druipelinge in die spesifieke klasse wat ons bereik het!
Die projek is so geslaagd en word deur skoolhoofde en onderwysers verwelkom, en daarom is die projek in 2016 uitgebrei deur die volgende ses skole in te sluit: Windmeul, Groenbeurg, Pauw Gedenk, St Albans en Hill Cress. Nagenoeg 100 leerders word gehelp en 10 fasiliteerders kry ’n inkomste bied. Samesprekings en aksies is aan die gang om die projek in 2018, met die bystand van die Wes-Kaapse regering en nie-regeringsorganisasies, na meer as 20 skole uit te brei.