Tuin van Digters 2019 vier 80 jaar saam met Breyten
Die agtste Tuin van Digters op 13 en 14 September 2019 by die Breytenbach-sentrum in Wellington was meer as net die gebruiklike digtersfees. Die digter, skilder en skrywer Breyten Breytenbach se 80ste verjaardag twee dae later op 16 September is ook met voorlesings, boekbekendstellings, digsang, samesyn en baie gesels tussen digters en liefhebbers van digkuns gevier.
Breyten is die Vrydagaand gehuldig met prof. Ampie Coetzee, sy jarelange vriend, wat ‘n spesiale digbundel van 19 gedigte van Breyten wat hy vertaal het, aan hom oorhandig het. Naledi het die 80 genommerde bundels gedruk vir die spesiale geleentheid. Daar is nog enkele van die versamelaarsbundels by die boekwinkel in die Breytenbach-sentrum beskikbaar.
Baie dankie aan Breyten en Yolande Breytenbach wat vanjaar se spesiale Tuin van Digters saam met almal gevier het. Dankie ook aan elkeen wat teenwoordig was en bygedra het om die geleentheid ’n onvergeetlike feestelike digtersfees te maak.
Sien hier onder vir nog foto’s wat Gerrit Rautenbach by Tuin van Digters 2019 geneem het.