skryfskool vir prosa-skrywers
Skryfskool vir prosa-skrywers
Ondersteun deur die Jannie Mouton Stigting
Fasiliteerder: Rachelle Greeff
Hierdie kursusse word reeds vir 4 jaar, elkeen oor ’n periode van nege maande, aangebied wat voldoende ontwikkelingstyd gun vir opkomende skrywers wat ernstig is om hul skryfvaardighede te ontwikkel en publiseerbaar te kry.
Die deelnemers kom maandeliks by die Breytenbach Sentrum byeen vir praktiese werk- en besprekingsessies, maar kommunikasie vind ook plaas per e-pos op ’n deurlopende basis tussen die aanbieder en die deelnemers. Die kursus word aangevul deur gassprekers te nooi – soos uitgewers, gevestigde skrywers, joernaliste en boekhandelaars – wat oor die verskeie aspekte van die skryfproses en boekebedryf gesels. Hierdie skryfskool is nie net ’n belegging in die ontwikkeling van jong skryftalent en nuwe stemme nie, maar staan die opkomende skrywer by om sy/haar manuskrip gereed te help kry vir publikasie.
Die kursus is in 2018 aangepas om buiten die bestaande kursus vir reeds gepubliseerde skrywers ook geleenthede te gee vir prosaskrywers sowel as skrywers van toneeltekste wat uit die voorheen benadeelde gemeenskappe kom, steeds finansieël beperk is en geen skryfopleiding of -ervaring het nie.
Ons neem nuwe deelnemers in vir hierdie skryfskole wat in November sal afskop. Beurse word gebied aan deelnemers wat nie die kursusfooie kan bekostig nie. Navrae aan Francois Lötter: francois@breytenbachsentrum.co.za
Laai die inligtingstuk af vir die Skryfskool 2019.