visuele kunsprojekte

Tekstieldruk
Fasiliteerder: Fahima Zlonke
Die Breytenbach Sentrum het ’n paar jaar gelede werklose individue uit kwesbare gemeenskappe opgelei om syskermdrukwerk te kan doen. Een van die begunstigdes van hierdie projek, Fahima Zlonke, bestuur tans haar eie tekstieldrukwerk-studio by die sentrum. Werk is in 2016 geskep met die vervaardiging deur tekstieldrukkers van geskenkesakke vir onder meer die Tuin van Digters.