poësie
Mengelmoes digters
Ondersteun deur die NLC (National Lottery Commission) en die Rupert Onderwysstigting
Fasiliteerder: Diana Ferrus
Hierdie groep digters kom naweke by die sentrum byeen om aan hul digkuns te skaaf, onder leiding van die digter Diana Ferrus. Alhoewel die groep bestaan uit ’n groep opkomende digters wat al vir ’n paar jaar deel is van die projek, word daar jaarliks nuwe digters ingeneem. Die groep tree op by die jaarlikse Tuin van Digters en ander digtersfeeste deur die loop van die jaar. Inskrywingsfooi: R150
Piemp poësieprojek
Fasiliteerder: Thérèse Hulme
’n Groep leerders van Weltevrede Sekondêr in Wellington is geruime tyd reeds onder leiding van Therese Hulme deel van die Piemp-projek – ’n inisiatief van Hulme wat reeds in 2005 in Kraaifontein begin het om digkuns onder jongmense te bevorder. Die groep het onlangs hul debuut op ’n splinternuwe CD gemaak. Opnames vir die CD het plaasgevind onder leiding van Hunter Kennedy en Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties, sowel as HemelBesem en ander musikante.
Poësieklub
Fasiliteerder: Ampie Coetzee
Lees jy gedigte, maar wil graag met ander daaroor gesels? Prof. Ampie Coetzee lei hierdie klub waar die Afrikaanse digkuns bespreek en toeganklik gemaak word. Verdere navrae kan gerig word aan ampiec@mweb.co.za